Skip to content skip to secondary navigation Top of the page

News
and events

Media coverage

Disclaimer:
Please note that the articles contained in this section of the website have been selected from articles published by the media. The facts and opinions expressed therein are those reported by the journalist and publication and therefore may not necessarily reflect those reported by the Company.

Akademie vier beste jaar nóg


Publication: Volksblat
Source: News24.com

Die Harmony-sportakademie het die suksesvolste jaar nóg beleef. Die rugby- sowel as die sokkerspanne het ongekende welslae behaal.

Mnr. Chris Coetzee, uitvoerende hoofamptenaar, het op die jaarlikse afsluitingsgeselligheid van die akademie gesê die spanne het die afgelope jaar derduisende kilometers afgelê.“Ons is dankbaar dat ons veilig kon reis en dat nie een speler ernstige beserings opgedoen het nie.”

Albei die sokkerspanne – o.16 en o.19 – het vanjaar vir die nasionale eindstryd gekwalifiseer in elke kompetisie waaraan hulle deelgeneem het. Die sokkerspelers het onder meer die Kay Motsepe-trofee en die Engen- o.17-trofee gewen en het tweede in die Coca-Cola-trofee en Vodacom-uitdaagreeks geëindig. Hulle is ook die voorlopers in die Metrolpolitan-liga.

Drie seuns is gekies vir die Coca-Cola Football Star-span wat in Duitsland gaan toer het, terwyl Teisse Modise die Suid-Afrikaanse o.17-span gehaal het en Vumile Nxako die Suid-Afrikaanse o.20-span. Ses seuns het die Ussasa-span gehaal en 5 die Safa- nasionale span.

Die eerste rugbyspan het net twee wedstryde vanjaar verloor en die tweede span net een. Die eerste span het die Gestetner-uitdaagtrofee weer ingepalm, terwyl die tweede span in die eindstryd met die span van die Blou-skool van Kroonstad afgereken het. Tien seuns het die o.18- Griffons-Cravenweekspan gehaal, 7 die o.18-akademieweek en 9 seuns is vir die o.16-Grant Khomoweek gekies. Drie spelers is na afloop van die Cravenweek vir die noordelike streekspan gekies en drie vir die o.19-skolespan.

Daarby het 18 seuns vir die Griffons se o.19-span diens gedoen. Dié span het al sy wedstryde gewen en het geskiedenis gemaak toe hy tot die A-liga deurgedring het. Die sewesspan van die akademie is ook op die @Lantic Sewes-rugbyreeks as die kampioen van kampioene-sewesspan in Suid-Afrika gekroon.

Annual report

Integrated annual report 2016
Integrated annual report 2016

(HTML & PDFs)

Investor brief

Harmony Investor brief, Sep 2017
September 2017 -
Harmony Investor brief

(PDF - 6.5MB)

Register for alerts




Joomla Extensions powered by Joobi