Skip to content skip to secondary navigation Top of the page

News
and events

Media coverage

Disclaimer:
Please note that the articles contained in this section of the website have been selected from articles published by the media. The facts and opinions expressed therein are those reported by the journalist and publication and therefore may not necessarily reflect those reported by the Company.

Topjuweliers skool se doel


Publication: Volksblad
Source: News24.com

Die visie van die Harmony-juweleskool op Virginia is om top-ontwerpers en -juweelvervaardigers aan die juweliersbedryf van Suid-Afrika te lewer. Die skool het 35 studente wat ’n diplomakursus volg.

Studente kan sedert die begin van 2004 ’n nasionale diploma in die ontwerp en vervaardiging van juweliersware by die skool volg. Dit word deur die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT), Vrystaat, aangebied. Verskeie studente het reeds diplomas verwerf. Dit is ’n driejaar-diplomakursus wat onder meer die volgende komponente insluit: juweliersgeskiedenis, drie-dimensionele rekenaarontwerp, basiese metalurgie en besigheidsbestuur. Die juwelierskool het verlede week sy topstudente vir hul harde werk vereer deur sertifikate aan hulle te oorhandig. Een van die studente wat ’n sertifikaat ontvang het, was Velile Jonas. Hy is ’n finalis in die Nasionale Shining Lights Diamond Jewellery Designing-kompetisie. Mnr. Anton Nel, akademiese bestuurder, sê dit is ’n eer vir enige student om gekies te word vir so ’n groot kompetisie. Velile het ook Indië besoek om te gaan kyk hoe sy ontwerp vervaardig gaan word. Die Harmony-myngroep is ook bedank vir sy groot bedrae in die vorm van studiebeurse en infrastruktuur.

Die publiek is welkom om die skool te besoek. Vir meer inligting bel 057-217-3217 of stuur ’n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Annual report

Integrated annual report 2016
Integrated annual report 2017

(HTML & PDFs)

Investor brief

Harmony Investor brief, Sep 2017
September 2017 -
Harmony Investor brief

(PDF - 6.5MB)

Register for alerts